Oopbroninhoud

Kenteken van die Definition of Free Cultural Works projek

Opebroninhoud, vrye-inhoud, of libre-inhoud is enige skeppende werk, soos 'n artikel, 'n prent, luister- en kykmateriaal, 'n kunswerk, 'n boek, 'n sagteware program, of enige ander kreatiewe inhoud wat aan die Definisie van Vrye Kulturele Werke (Definition of Free Cultural Works) voldoen. Spesifiek: "werke of uitdrukkings wat vrylik bestudeer, toegepas, gekopieer en/of gewysig kan word, deur enigiemand, vir enige doel",[1] insluitend, in sommige gevalle, kommersiële doeleindes. Vrye-inhoud omvat alle werke in die publieke domein en ook daardie kopieregwerke waarvan die lisensie die definisie van vrye kulturele werk eer en handhaaf.

In die meeste lande verleen die Berne Konvensie kopiereghouers by verstek monopolieke beheer oor hul skeppings. Daarom moet kopiereg-inhoud uitdruklik vry verklaar word deur die outeur(s), wat gewoonlik bewerkstellig word deur te verwys of lisensieverklarings van binne die werk in te sluit. Die reg om genoemde werk te hergebruik word deur die outeur(s) verleen in 'n lisensie bekend as 'n vrye-lisensie, 'n vrye-verspreidingslisensie, of 'n oop-lisensie, afhangende van die regte wat toegeken is. Hierdie vryhede wat aan gebruikers gegee word in die hergebruik van werke (dit wil sê die reg om hierdie werke vrylik te gebruik, te bestudeer, te wysig of te versprei, moontlik ook vir kommersiële doeleindes) word dikwels geassosieer met verpligtinge (om die oorspronklike outeur aan te haal, om die oorspronklike lisensie in stand te hou van die hergebruikte inhoud) of beperkings (uitgesluit kommersiële gebruik, die verbod op sekere media) wat deur die skrywer gekies is.

Daar is 'n hele spyskaart van gestandaardiseerde lisensies wat verskillende opsies bied wat skrywers toelaat om die tipe hergebruik van hul werk te kies wat hulle wil magtig of verbied (byvoorbeeld die sogenaamde Creative Commons-lisensie).

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named :1

Developed by StudentB